+27 44 279 1740 eljada.admin@etime.co.za

KKNK

KKNK 2019 – AKKOMMODASIE INLIGTING & VOORWAARDES

Eljada Nasorg is ‘n koshuis-tipe fasiliteit, geleë in Bo-Victoriastraat aan die Noord-Ooste kant van Oudtshoorn. Ons is ongeveer 4km van die middedorp en feesterrein.

Fasiliteite
  • Eljada Nasorg het 31 kamers en 2 woonstelle:
  • Dubbelkamers (22) – 2 enkelbeddens per kamer
  • Enkelkamers (9) – 1 enkelbed per kamer
  • Woonstelle (2) – 4 enkelbeddens met ‘n badkamer per woonstelAlgemene ablusiegeriewe is beskikbaar op elke vloer. Dit sluit in:
  • Bad, stort, wasbak en toiletgeriewe
  • Aparte kombuis met yskas, ketel, koffie, suiker, tee, melk, bekers en teelepels op elke vloer
  • Aparte mikrogolfoond is beskikbaar in die algemene eetsaal
  • Parkering vir een motor per kamer word op die terrein verskaf
  • Swembad geriewe beskikbaar
Algemene Reëls
  • Bring eie beddegoed, kussings en handdoeke – Beddegoed word nie deur Eljada Nasorg verskaf nie.
  • Geen kos mag in die kamers gemaak word nie
  • ’n Sleuteldeposito van R30-00 per kamer is met aankoms betaalbaar vir kamersleutels-bring asseblief kontant (terugbetaalbaar met vertrek)
  • Kinders onder 18 jaar moet onder die toesig van ouers wees
  • Vooraf bespreekte ontbyt tye: 7h00 – 9h00 soggens
  • Badtye vir inwoners: 13h00 – 15h00 (ons versoek gaste om nie gedurende hierdie tye in gange teenwoordig te wees nie)
Tariewe
  • Tarief vir 2019: R190-00 per persoon (ontbyt uitgesluit)
  • Kinders 1> 8 jaar oud – gratis; 9>14 jaar oud – halfprys; 15 jaar en ouer – volprys
  • Ontbyt moet apart bespreek word: R60-00 per persoon
Bespreking voorwaardes
  • Alle besprekings moet deur Eljada Nasorg bevestig wees. Bring asseblief “KKNK 2019 Verblyfsbespreking” saam
  • ’n 50% deposito word vereis met bespreking. Bewys van betaling moet aan Eljada Nasorg gestuur word by eljada.admin@etime.co.za of faks 044 279 1878
  • Volle betaling van verblyf en etes moet ontvang wees teen 22 Februarie 2019. Bewys van betaling moet aan Eljada Nasorg gestuur word by eljada.admin@etime.co.za of faks 044 279 1878
  • Sou u verblyf verkort word vir watter rede ookal, kan ons u steeds verantwoordelik hou vir die koste van die volle bespreking
Kansellasies
  • Kansellasiefooie word bereken op die volle bedrag van die bespreking
  • 50% Kansellasiefooi vir kansellasies tot 22 Februarie 2019
  • 100% kansellasiefooi vir kansellasies na 22 Februarie 2019

Aankoms en vertrektye:

Arriveer tussen:
    10h00 – 13h00
    15h00 – 18h00
Vertrek teen:
     9h00

Indien u sou belangstel om van ons akkommodasie gebruik te maak tydens KKNK 2019, voorsien ons asseblief van die volgende inligting om ‘n bespreking vir u te maak:

  1. Aankoms & vertrekdatums
  2. Aantal volwassenes
  3. Aantal kinders en hul ouderdomme
  4. Ontbyte benodig, ja of nee

Bereik Ons

Fisiese Adres:

Bo Victoria Straat 011,
Oudtshoorn

Kontakbesonderhede

Mrs W.G. Lemmer
Tel: +27 44 279 1740
eljada.admin@etime.co.za

Navraag Vorm