Wat bied ons?

Eljada Nasorg is ‘n residensiële versorgingsfasiliteit vir 100 volwasse persone met intellektuele gestremdhede. Ons bied ‘n holistiese ontwikkelings- en versorgingsprogram waar hy/sy liefdevolle versorging en ondersteuning ontvang. Ons akkommodeer ook gedurende weekdae dagsorgkliënte wat in die gemeenskap woon.

Dienslewering by Eljada Nasorg fokus op bevordering en handhawing van persone met intellektuele gestremdhede se volle potensiaal. Ons streef daarna om ondersteuning te bied sodat kliënte selfstandige en volwaardige lede van die gemeenskap kan wees. Dit is daarom belangrik dat hulle ´n integrale deel van die gemeenskap bly.

Toelatingsbeleid

Projekte

  • Volwasse persone (vanaf 18 jaar) met intellektuele gestremdhede.
  • Aansoekers moet ’n Ongeskiktheidstoelae ontvang. Indien ’n persoon nie ’n Ongeskiktheidstoelae ontvang nie, sal die ouers/familie/naasbestaandes vir die volle losies verantwoordelik wees.
  • Toelating vind plaas met in agneming van die beskikbare dienste, personeelkapasiteit en bestaande infrastruktuur.
  • Aansoekers met fisiese gestremdhede wat van mediese hulpmiddels afhanklik is, kan nie toegelaat word nie.
  • Aansoekers wat deur die Vakkundige Komitee gekeur is, word toegelaat

Aktiwiteite

  • Gimnasiumaktiwiteite
  • Koor
  • Dansgroep
  • Rek- en strek oefeninge
  • Toutrek
  • Swem
  • Stap
  • Fietsry
  • Rolbal
  • Speletjies:  Ko-ordinasie

Versorging

  • Handhawing van persoonlike higiëne soos skeer, haar- en naelversorging, bad/stort, kleding
  • Voorsiening van maaltye en verversings
  • Handhawing van dissipline
  • Herstel van klere
  • Netheid van kamers
  • Versekering van veiligheid

Mediese dienste

  • Voorsiening van medikasie
  • Verpleging
  • Oogkundige
  • Tandarts
  • Geneesheer/hospitaal
Ontspanning