Wie is ons?

Eljada Nasorg is geregistreer om honderd volwasse persone met intellektuele gestremdhede voltyds te versorg.

Logo Badisa Logo

Ons bied holistiese residensiële versorging aan 100 volwasse persone met intellektuele gestremdhede asook ontwikkelings- en versorgingsprogramme binne ‘n veilige omgewing waar hy/sy liefdevolle versorging en ondersteuning ontvang.

Dagsorgkliënte wat in die gemeenskap woon word gedurende weekdae in die Ontwikkelingsprogram geakkommodeer.

Toelatingsbeleid

  • Volwasse persone (vanaf 18 jaar) met intellektuele gestremdhede.
  • Aansoekers moet ’n Ongeskiktheidstoelae ontvang. Indien ’n persoon nie ’n Ongeskiktheidstoelae ontvang nie, sal die ouers/familie/naasbestaandes vir die volle losies verantwoordelik wees.
  • Toelating vind plaas met in agneming van die beskikbare dienste, personeelkapasiteit en bestaande infrastruktuur.
  • Aansoekers met fisiese gestremdhede wat van mediese hulpmiddels afhanklik is, kan nie toegelaat word nie.
  • Aansoekers wat deur die Vakkundige Komitee gekeur is, word toegelaat
Handwerk

Laai ons aansoekvorm af